Bipedie

'n Volstruis beweeg bipedies voort. Dit is die vinnigste lewende tweevoetige dier.[1]

Bipedie of tweevoetigheid is die vermoeë om op die twee agterste ledemate op die grond te loop. Diere word as tweevoetig beskou as hulle hoofsaaklik op die agterste ledemate beweeg. Diere wat af en toe 'n paar sekondes op sodanige manier voortbeweeg, is nie tweevoetig nie.

Die mens is die bekendste tweevoetige spesie op Aarde. Ander primate, met dieselfde voorouers as die mens, soos die gorilla en die sjimpansee, is ook in staat om op die agterste ledemate te loop.

Bipedie is nie altyd dieselfde as om regop te loop nie. Die Australopithecus beweeg al bipedies voort, maar Homo erectus was die eerste om regop te loop. 'Regop' in die konteks verwys na 'met die kop bo die nek'.

  1. Stewart, D. (1 Augustus 2006). "A Bird Like No Other". National Wildlife (in Engels). National Wildlife Federation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2017. Besoek op 30 Mei 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search